MENU

Select the section you would like to visit.
Kies die afdeling wat u wil besoek.

Life Insurance &

Personal Risk Solutions

Protecting what matters most.
Independent financial advice tailored to every stage of life.

Financial security is built on more than products. It begins with protecting your income, providing for your family and making informed financial decisions throughout your life.

At PROCON Insurance Brokers we take the time to understand your personal circumstances before recommending solutions that suit your needs, your family and your long-term financial objectives.

We recommend solutions — not simply products.

Life Cover

Protecting the people who depend on you

Life Cover provides financial security for your loved ones should you pass away. It can help settle debt, replace lost income and ensure your family's financial future remains secure.
The right Life Cover can provide funds for everyday living expenses, children's education, outstanding debt and estate planning, allowing your family to focus on the future with greater confidence.
At Procon Insurance Brokers, we compare solutions from leading insurers and recommend Life Cover based on your personal circumstances, financial commitments and long-term objectives.

Disability Cover

Protecting your earning ability

Your ability to earn an income is one of your greatest financial assets.
Disability Cover helps protect your financial future should illness or injury permanently affect your ability to work.
The right solution can help you continue meeting your financial obligations when life takes an unexpected turn.
At PROCON Insurance Brokers, we believe every recommendation should begin with understanding your personal circumstances. We provide independent financial advice and recommend appropriate solutions from selected insurers that best meet your needs, your financial commitments and your long-term objectives.

Severe Illness Cover

Financial support when life takes an unexpected turn

A serious illness can affect every aspect of your life, including your family, your career and your financial security.
Severe Illness Cover is designed to provide financial support following the diagnosis of a covered serious illness. The benefit may help reduce financial pressure, allowing you to focus on your health, your recovery and the people who matter most.
At PROCON Insurance Brokers, we provide independent financial advice and recommend appropriate solutions from selected insurers that best meet your needs, your financial commitments and your long-term objectives.

Income Protection

Protecting your income when life doesn't go according to plan

Your ability to earn an income is one of your greatest financial assets. An unexpected illness or injury can have a significant impact on your financial wellbeing and your ability to meet your ongoing financial commitments.
Income Protection is designed to help protect your income should illness or injury affect your ability to earn a living.
At PROCON Insurance Brokers, we provide independent financial advice and help you choose a solution that is appropriate for your occupation, lifestyle and long-term financial objectives.

Funeral Cover

Providing support when your family needs it most

The loss of a loved one is one of life's most difficult experiences. During such a time, families should be able to focus on one another without the added concern of unexpected financial pressure.
Funeral Cover is designed to help provide immediate financial support following the death of a covered person, helping families manage essential expenses with dignity and greater peace of mind.
At PROCON Insurance Brokers, we provide independent financial advice and help you choose a solution that is appropriate for your family's circumstances, your financial priorities and your long-term planning.

Accidental Death, Injury & Disability

Comprehensive protection when accidents change lives unexpectedly    

Accidents can happen without warning and may have a lasting impact on your health, your ability to work and your family's financial security.
This solution provides financial protection if a qualifying accident results in:
• Accidental Death
• Accidental Injury
• Accidental Disability
Three important benefits in one comprehensive solution, helping protect you and your family against the financial consequences of a serious accident. 
At PROCON Insurance Brokers, we provide independent financial advice and help you choose a solution that best suits your personal circumstances, financial responsibilities and long-term objectives.
Many plans can be arranged without full medical underwriting, depending on the insurer's underwriting requirements.

Bond Protection

Protecting your home and the people who depend on it

For many families, a home is their most valuable asset. Bond Protection is designed to help settle or reduce the outstanding home loan should death, disability or certain other insured events occur, helping to protect your family's home and financial future.
At PROCON Insurance Brokers, we provide independent financial advice and help you select a solution that is appropriate for your financial commitments and your family's long-term security.

We don't sell policies. 

We protect what matters most.  Independent advice. 

Relationships built on trust. 

Financial security for every stage of life.

PROCON Insurance BrokerS 

Serving South Africans Since 1980

Name E-mail Message Submit

Lewensversekering &

Persoonlike Risikobeskerming

Beskerm wat die meeste saak maak.
Onafhanklike finansiële advies, aangepas vir elke fase van jou lewe.

Finansiële sekerheid gaan oor veel meer as produkte. Dit begin deur jou inkomste te beskerm, vir jou gesin voorsiening te maak en ingeligte finansiële besluite te neem wat jou en jou geliefdes vir die toekoms beveilig.

By PROCON Versekeringsmakelaars neem ons die tyd om jou persoonlike omstandighede te verstaan voordat ons oplossings aanbeveel wat by jou behoeftes, jou gesin en jou langtermyn finansiële doelwitte pas.

Ons beveel oplossings aan — nie bloot produkte nie.

Lewensdekking

Beskerm die mense wat van jou afhanklik is.

Lewensdekking bied finansiële sekerheid aan jou geliefdes indien jy te sterwe kom. Dit kan help om skuld af te betaal, 'n verlore inkomste te vervang en jou gesin se finansiële toekoms te beskerm.
Die regte Lewensdekking kan voorsiening maak vir daaglikse lewenskoste, jou kinders se opvoeding, uitstaande skuld en boedelbeplanning. Dit gee jou gesin die geleentheid om met groter gemoedsrus en vertroue na die toekoms te kyk.
By PROCON Versekeringsmakelaars vergelyk ons oplossings van geselekteerde versekeraars en beveel Lewensdekking aan op grond van jou persoonlike omstandighede, finansiële verpligtinge en langtermyn finansiële doelwitte.

Ongeskiktheidsdekking

Beskerm jou vermoë om 'n inkomste te verdien.

Jou vermoë om 'n inkomste te verdien is een van jou waardevolste finansiële bates.
Ongeskiktheidsdekking help om jou finansiële toekoms te beskerm indien siekte of 'n besering jou permanent verhinder om te werk of jou beroep uit te oefen.
Die regte oplossing kan jou help om steeds aan jou finansiële verpligtinge te voldoen wanneer die lewe 'n onverwagte wending neem.
By PROCON Versekeringsmakelaars glo ons dat elke aanbeveling begin deur jou persoonlike omstandighede te verstaan. Ons bied onafhanklike finansiële advies en beveel toepaslike oplossings van geselekteerde versekeraars aan wat die beste by jou behoeftes, begroting en langtermyn finansiële doelwitte pas.

Dekking vir Ernstige Siektes

Finansiële ondersteuning wanneer die lewe onverwags verander

'n Ernstige siekte kan elke aspek van jou lewe beïnvloed – jou gesin, jou loopbaan en jou finansiële sekuriteit.
Dekking vir Ernstige Siektes is ontwerp om finansiële ondersteuning te bied wanneer 'n ernstige siekte wat deur jou polis gedek word, gediagnoseer word. Die voordeel kan help om die finansiële druk te verlig, sodat jy jou aandag kan vestig op jou gesondheid, jou herstel en die mense wat vir jou die belangrikste is.
By PROCON Versekeringsmakelaars bied ons onafhanklike finansiële advies en beveel toepaslike oplossings van geselekteerde versekeraars aan wat die beste by jou behoeftes, finansiële verpligtinge en langtermyn finansiële doelwitte pas.

Inkomstebeskerming

Beskerm jou inkomste wanneer die lewe nie volgens plan verloop nie

Jou vermoë om 'n inkomste te verdien is een van jou waardevolste finansiële bates. 'n Onverwagte siekte of besering kan 'n groot invloed hê op jou finansiële welstand en jou vermoë om aan jou lopende finansiële verpligtinge te voldoen.
Inkomstebeskerming is ontwerp om jou inkomste te help beskerm indien siekte of 'n besering jou vermoë om 'n inkomste te verdien, beïnvloed.
By PROCON Versekeringsmakelaars bied ons onafhanklike finansiële advies en help ons jou om 'n oplossing te kies wat by jou beroep, leefstyl en langtermyn finansiële doelwitte pas.

Begrafnisdekking

Ondersteuning wanneer jou gesin dit die nodigste het

Die afsterwe van 'n geliefde is een van die moeilikste tye wat 'n familie kan beleef. Gedurende so 'n tyd behoort jou gesin op mekaar te kan steun, sonder die bykomende bekommernis van onverwagte finansiële uitgawes.
Begrafnisdekking is ontwerp om onmiddellike finansiële ondersteuning te bied ná die afsterwe van 'n versekerde persoon. Dit help jou gesin om noodsaaklike uitgawes met waardigheid en groter gemoedsrus te hanteer.
By PROCON Versekeringsmakelaars bied ons onafhanklike finansiële advies en help ons jou om 'n oplossing te kies wat by jou gesin se omstandighede, jou finansiële prioriteite en jou langtermyn beplanning pas.

Ongeluksverwante Dood, Besering & Ongeskiktheid

Omvattende beskerming wanneer 'n ongeluk jou lewe onverwags verander

'n Ongeluk gebeur sonder waarskuwing en kan 'n blywende invloed hê op jou gesondheid, jou vermoë om te werk en jou gesin se finansiële sekuriteit.
Hierdie dekking bied finansiële beskerming indien 'n kwalifiserende ongeluk lei tot:
  • Ongeluksverwante dood
  • Ongeluksverwante besering
  • Ongeluksverwante ongeskiktheid
Met ander woorde, drie belangrike voordele in een oplossing, wat jou en jou gesin help om die finansiële gevolge van 'n ernstige ongeluk met groter gemoedsrus te hanteer.
By PROCON Versekeringsmakelaars help ons jou om die beskikbare opsies te verstaan en beveel ons 'n oplossing aan wat by jou persoonlike omstandighede, finansiële verantwoordelikhede en langtermyn finansiële doelwitte pas.

Verbandbeskerming

Beskerm jou huis en die mense wat daarvan afhanklik is

Vir baie gesinne is hul woning een van hul waardevolste bates. Verbandbeskerming is ontwerp om die uitstaande verband geheel of gedeeltelik te delg indien afsterwe, ongeskiktheid of ander versekerde gebeurtenisse plaasvind.
Dit help om te verseker dat jou gesin nie ook die finansiële las van 'n verband hoef te dra wanneer hulle reeds deur 'n moeilike tyd gaan nie.
By PROCON Versekeringsmakelaars bied ons onafhanklike finansiële advies en help ons jou om 'n oplossing te kies wat by jou finansiële verpligtinge en jou gesin se langtermyn finansiële sekuriteit pas.

Ons verkoop nie polisse nie.
Ons beskerm wat vir jou die belangrikste is.
Onafhanklike finansiële advies.
Verhoudings gebou op vertroue.
Finansiële sekerheid deur elke fase van jou lewe.

PROCON VERSEKERINGSMAKELAARS

Ons bedien Suid-Afrikaners sedert 1980

Naam E-Pos Boodskap Stuur